Bediening

Hierdie bediening is deur die Heilige Gees tot stand gebring en is gebaseer op Jesaja 61:1-4. Dit is verder bevestig in Lukas 4:18 en 19. Dit is die skrifte waarmee God my geroep het tot bediening in Sy Koninkryk.

 

Die doel van hierdie bediening is:

  1. Om nie-Christene na Jesus te lei.
  2. Om mense die basiese toepassing van die Bybel te leer sodat hulle staande kan bly.
  3. Om uit te wys hoe Satan kom steel, slag en verwoes.
  4. Om mense te help om geestelik, emosioneel en liggaamlik te genees en vry te kom van Satan se houvas.
  5. Om mense te leer aangaande die outoriteit van Vader in hulle en hoe om dit te gebruik.
  6. Om mense te leer hoe om ‘n verhouding te bou met Vader, Jesus, Heilige Gees en ook met hulle medemense.
  7. Om mense te leer hoe om dissipels vir Jesus Christus te maak.
  8. Om mense toe te rus om vir huislede, families, vriende en ander te bid en hulle na Jesus te lei.

 

As gevolg van jarelange trauma en negatiewe persepsies word emosionele wonde gevorm wat wortels en bome in jou lewe kom vorm en word vestings wat Satan gebruik om te kom steel, slag en verwoes.

 

Die Woord verklaar in Mat 12:33 “Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.”

 

As jy net die boom se vrugte afpluk of snoei, dra die boom net meer vrug in die volgende seisoen. In die gees vererger die toestand, as die boom meer slegte vrug dra. Die wortel moet uitgeroei word om die boom te vernietig. Met ander woorde; as die wortel vrot is, is die boom en sy vrug ook vrot. Net soos wanneer onkruid, wat op ‘n grasperk groei en net afgesny word, sterker en meer verweefd met die gras word, totdat die wortel uitgehaal word en dit verdroog, is dit ook in die gees. Die wortel van die problem moet uitgehaal word deur dit aan Jesus te gee, dit te bely en vergifnis te vra, voordat genesing kan plaasvind.

 

Alle trauma, vanaf bevrugting tot op die huidige tyd in jou lewe, veroorsaak hierdie gees wonde wat net deur Jesus Christus van Nasaret genees kan word. Laat Hom toe om jou te genees en weer heel te maak.