Afrikaans

INNERLIKE

HERSTEL

EN VRYHEID

NASORG

         Past. Marina van Heerden

Belangrike daaglikse toepassings en geesgeveg vir oorwinnng.

  1. Onderwerp aan God:

 

Gebed: – Vader, ek onderwerp my opnuut aan U vandag. (Jak.4:7) Salf en seën jouself elke dag – ook jou kinders en eggenoot.

  1. Kindskap: Gee jou lewe aan Vader en maak seker dat jy kind van God is.

 

Gebed: Ek kom vandag en met my mond bevestig of herbevestig ek aan die wêreld en ook aan satan en sy magte, dat ek met my hele hart glo en met my mond bely, dat Jesus Christus vlees geword het en aarde toe gekom het en gesterf en opgestaan het vir my, en dat Jesus Christus my Koning, my Here, my Redder, my Saligmaker, my Verlosser en my Vriend is, en ek neem Hom nou so aan. Dit maak my nou ‘n kind van die Lewende Almagtige God, dankie Jesus Christus daarvoor. (Rom.10:9&10, Joh.1:12)

  1. Vernuwing van gedagtes:

 

Gebed: – Vader, vernuwing asseblief my verstand vandag en verwyder dit wat nie van U af is nie en gee my Goddelike gedagtes. (Rom.12:2, Efes.4:23)

  1. Gedagtes gevange neem:

 

Gebed: – Vader help my asseblief om my gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan U. Hoe: Wanneer negatief in gedagtes geïdentifiseer word, sê hardop “Jesus Christus” en vul jou gedagtes met Jesus Christus, deur te bid, te vertel hoe lief jy Hom het, dankie te sê, bybel te lees en te Vader te loof en prys met lofprysing. Dan kan satan nie in nie.

Pas dit toe die hele dag. (2Kor.10:4&5)

  1. Wapenrusting:

 

Gebed: Vader kom herstel, vernuwe en versterk asseblief my wapenrusting vir hierdie dag se geveg wat voorlê.  (Efes.6:13)

  1. Geestesweerbaarheid:

 

Gebed: – Pappa Vader, maak my asseblief geestesweerbaar vir hierdie dag wat voorlê en rig my gees op tot sy volle potensiaal vir die dag, sodat ek ingestel sal wees op U Heilige Gees se leiding en lering. Help my dat ek in my gees sal heers en nie sal reageer op dinge nie. (Eks.31:3, 1Sam.10:6)

  1. Vloeke wat deur mense uitgespreek word: – Breek elke oggend en aand vloeke af wat oor jou uitgespreek is en bely en vra ook vergifnis vir die vloeke wat jy gespreek het oor mense en vra dat die Here die geeswonde sal genees wat hierdie vloeke moontlik veroorsaak het. Vra ook dat Vader die frikwensie asook die energie van die vloeke wat uitgespreek is sal stop.

Gebed: Vader, ek kom nou en ek breek elke vloek of negatiewe woorde wat oor my, my gesin, werk/beroep, gesondheid en finansies uitgespreek is deur enige persone. Ek vergewe daardie persone vir wat hulle ook al gespreek het, ek spreek hulle vry en haal hulle van my rug af, ek seën hulle en ek vra dat U hulle sal seën. Ek kom bely ook enige vloeke/negatief wat ek oor enige persoon uitgespreek het, vergewe my asseblief en kanselleer dit oor hulle lewens en liggame en bring genesing. Abba Vader ek vra dat U nou die klankgolwe, frikwensie en energie van al die negatiewe woorde (vloeke) sal stop sodat dit nie verder kan manifisteer nie. In die Naam van Jesus Christus. Amen (Num.23:8)

  1. Innerlike edes: Negatiewe woorde wat jy oor jouself spreek.

 

Gebed: Ek bring ook elke innerlike ede wat ek oor myself uitgespreek het voor U, U weet van elkeen, ek is jammer daaroor en ek vra dat U my nou sal vergewe daarvoor en dit sal verwyder van my sodat satan dit nie kan gebruik nie. Abba Vader ek vra dat U nou die klankgolwe, frikwensie en energie van al die negatiewe woorde (vloeke) sal stop sodat dit nie verder kan manifisteer nie. In die Naam van Jesus Christus. Amen (Num.23:8, Deut.28:1&15, Psa.59:12)

  1. Vloeke op finansies: – Breek elke keer vloeke op die geld wat in jou bankrekening inbetaal word(salaris), asook enige kontant wat jy ontvang van mense, voordat jy dit gebruik. Breek ook die “Misonic waters” vloek op jou finansies. Finansies word beheer in die wêreld deur die Vryemesselaars en Illuminati. Breek ook die vloeke en houvas van watergeeste nl. Leviatan, Abcon en Abertaa (Hulle verhinder finansiële vooruitgang en winsmaking) oor jou finansies.

 

Gebed: Vader, ek bring nou hierdie finasies wat ek ontvang het voor U. Baie dankie vir U voorsiening, maar ek kom nou en ek breek nou enige vloek wat uitgespreek is of houvas oor hierdie geld wat ek ontvang het, in die Naam van Jesus Christus. Abba Vader ek vra dat U nou die klankgolwe, frikwensie en energie van al die negatiewe woorde (vloeke) sal stop sodat dit nie verder kan manifisteer nie. In die Naam van Jesus Christus. Ek breek ook die “Misonic waters” vloek van Vryemesselary oor my finansies, in die Naam van Jesus Christus, asook enige vloeke of houvas van enige watergeeste nl. Leviatan, Abcon of Abertaa wat my vooruitgang of windsmaking blokeer en steel in die Naam van Jesus Christus. Gee my ook asseblief wysheid en insig om my finansies reg te bestuur sodat dit in U wil is. Amen

  1. Voorsiening: God gee aan ons dit wat ons vandag nodig het, nie gister of môre sin nie. Onthou God alleen is jou voorsiener, nie jou man of jou vrou of werk nie. (Deut.28:8,11,12)

 

Gebed: Vader, voorsien asseblief in my en my gesin se behoeftes vir die dag wat voorlê, in gees,siel en liggaam.

  1. Doping in die Heilige Gees: Jy kan vir die doping in die Heilige Gees enige tyd vra, elke dag en enige tyd wat jy die krag van God nodig het. Jy kan dit meer as een keer vra op ’n dag.

 

Gebed: – Vader doop/vervul my asseblief met U Gees en met U krag uit die hoogte, sodat U vrug van die Gees in my sal manifesteer in hierdie dag, sodat mense dit sal sien en ek kan getuig van U goedheid en guns in my lewe en aan U die eer kan gee, en dat ek krag sal hê vir die dag en geveg wat voorlê. Stuur asseblief ’n engel om my te versterk, soos U vir Jesus gestuur het in die tuin voor Sy kruisiging, in die Naam van Jesus Christus. Amen (Hand.1:8,    Eze.37:14)

  1. Outoriteit: Neem jou outoriteit in Christus op en staan satan teen in die Naam van Jesus. (Luk.17:21)

            

Gebed: Vader, ek kom nou en ek onderwerp my en alles wat ek het nou aan U en ek staan die satan nou teen in die Naam van Jesus Christus, U woord sê dat as ek satan tee staan, sal hy van my af

wegvlug. Satan, jy het geen reg meer op my bv: finansies, huwelik, liggaam nie. In die Naam van Jesus Christus beveel ek jou en jou kragte en magte om  my lewe te verdwyn.

Ons moet regeer en nie reageer (emosies, handeling en lyftaal) nie.

  1. Wanneer vrot vrug weer manifisteer – Bely eerstens die vrug en vra vergifnis, neem die wapen wat satan teen jou gebruik van hom af weg en gebruik dit teen hom en jaag dan satan weg uit jou lewe. NB!!! Pas hierdie dadelik toe elke keer as ’n negatiewe vrug manifisteer in jou lewe. Bv: woede

Gebed: Jammer Here, dat ek kwaad geword het, vergewe my asseblief daarvoor, satan jy sal my die verder aanval met woede nie, want God het my reeds genees van woed en Sy Vrede vir my gegee, in die Naam van Jesus Christus beveel ek jou om my te verlaat. Amen. (Efes.4:31, Lev.26:40, Spr.28:13,1Joh.1:9)

  1. Emosionele sielsbande: Ontbind elke dag die emosionele sielsbande met die mense waarmee jy omgegaan het, asook met jou werk as jy in die middag huistoe gaan.

 

Gebed: Vader, ek ontbind alle vashegtings van alle emosionele sielsband netwerke wat gevorm is tussen mense en my in my brein (negatiewe gedagtes), my hart brein (waar emosiesentrum is) en my gut brein (vrees en bitterheid). Ek trek nou al daardie netwerke uit my liggaam uit wat my emosioneel vasgemaak het aan mense en kanselleer en neutraliseer dit nou met die bloed van Jesus Christus asook die emosionele sielsbande wat ek met my werk gevorm het vandag (as ek vannaand huistoe gaan) in Jesus Christus se Naam. Amen (Matt.16:19, Matt. 18:18)

  1. Sielsbande met Medikasie – gees van Pharmakya is betrokke.

 

Gebed: Vader, ek ontbind alle vashegtings van alle netwerke wat gevorm is tussen my en die vervaardigers, verspreiders van enige verslawende substansie en medikasie wat ek gebruik het in my brein (negatiewe gedagtes), my hart brein (waar emosiesentrum is) en my gut brein (vrees en bitterheid). Ek trek nou alle netwerke daarvan uit my liggaam uit en kanselleer en neutraliseer dit nou met die bloed van Jesus Christus.  Spoel nou met Jesus Christus se bloed deur die vette en vesels van my liggaam en neutraliseer alle substansies wat agter gebly het as gevolg van die medikasie of verslawende substansies wat ek gebruik het in Jesus Christus se Naam. Amen

  1. DNA liggaam verlaat: Bloed wat geskenk is, bloed getrek vir toetse, operasies, ongelukke waar bloed agtergebly het, plasentas van babas,kondome,sanitêre doekies/tampons.

Gebed: Vader, ek verklaar ’n egskieding tussen my en die bloed/DNA wat my liggaam verlaat het en ek neem die twee snydende swaard van Heb.4:12 en ek sny die sielsband tussen my en die bloed/DNA wat my liggaam verlaat het. Ek verklaar in die gees dat daardie DNA dood is, in Jesus Christus se Naam.

Doen dit elke dag. (Lev.17:11&14)

  1. Bloed/been/orgaan ontvang: Wanneer bloed ontvang deur bloedoortappings, beenoorplanting of ’n orgaan oorplanting

Gebed: Vader, dankie vir die bloed wat ek ontvang het en seën die mense waarvan ek dit ontvang het en reinig my bloed met die bloed van Jesus en verwyder alles wat ingekom het wat nie van U is nie, in Jesus Christus se Naam. Amen

  1. Geesoordrag deur aanraking

Gebed: Pappa Vader, ek bring my hande en liggaam voor U vandag, breek asseblief die juk van satan oor my hande en liggaam met U salwing, sodat daar waar ek vat of waar iemand aan my vat – daar geen geesoordrag sal wees tussen my en mense en mense en my, behalwe die Heilige Gees.         (1Tim.5:22, Jes.10:27)

  1. Verbondsmaal/Nagmaal: Gebruik so gereeld moontlik die verbondsmaal. Dit stig jou baie.(1Kor.11:25) Brood – Jesus se liggaam wat vir ons gebreek is en wat vir ons genesing gebring het en vir voorsiening in ons behoeftes. Jesus se bloed wat gevloei het vir die vergewing van ons sondes en sodat ons kan vergewe en vir belydenis van ons sondes. Sy bloed wat ons skoon was.
  1. Gee aan die duiwel geen plek nie. (Efes.4:27) Pasop watter reg jy satan in jou huis, en grondgebied en jou lewe gee.

 

Satan val jou as persoon nie aan nie, maar die grondgebied van die waarheid van Vader binne-in jou. Hy steel die grondgebied van God in jou lewe, deur sy blueprint (vals plan) van leuens oor God se blueprint van die waarheid in jou lewe te plaas. Dit veroorsaak twyfel, ongeloof en vertroue, en as jy twyfel of nie glo wat Vader kan doen nie en Hom nie vertrou nie, vat satan daardie grondgebied en rig ‘n altaar op wat demone in plek hou op daardie grondgebied.

Grondgebiede in jou lewe

1.     Intimiteit met Abba Vader 2.     Huwelik
  1. Verhoudings
  1. Finansies
  1. Gedagtes
  1. Waarde
  1. Woorde
  1. Liggaam
  1. Beskerming/sekuriteit
  1. Vrede
  1. Vreugde
  1. Geloof & hoop
  1. Emosies
  1. Bediening/ werk
  1. Sintuie
  1. Besittings
  1. Verslawings
  1. Gehoorsaamheid – keuses wat ek maak
  1. Tyd
  1. Wandel met God – fisies waar ek loop
  1. Fisiese grondgebied

Gebed vir die terugneem van jou grondgebied

 

Vader, ek kom na U toe in die Naam van Jesus Christus. Ek verloën al my reaksies, deelname, betrokkenheid en emosies in elke situasie waar ek my grondgebied weg gegee het aan Satan. Ek bely dit nou as sonde en vra dat U my nou asseblief sal vergewe. Ek onderwerp myself en my grondgebied nou aan U. Ek spreek nou verdeeldheid en verwarring tussen die seël-demoon en die sterkman oor elke altaar wat Satan opgerig het op my grondgebied. Ek breek nou elke demoniese seël op my grondgebied. Ek beveel elke seël-demoon wat die seëls in plek hou en elke demoon onder hulle bevel wat die altare in plek hou om nou my grondgebied te verlaat in die Naam van Jesus Christus. Ek breek nou elke altaar wat Satan opgerig het op my grondgebiede af, in Jesus Christus se Naam. Ek kanselleer elke bloed ritueel of enige ander ritueel wat gedoen is op die altare en ek vernietig alle goed wat gebruik is met die bloed van Jesus Christus en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus. Ek kanselleer elke kontrak, verbond en klousule wat gesluit is met die koninkryk van duisternis aangaande elke altaar en vernietig elke “totempale” op die vier hoeke van die altare en enige ander “totems” of tekens wat opgerig in die Naam van Jesus Christus en verklaar dit kragteloos. Ek kanselleer en breek alle negatiewe invloede van enige tekens wat op die grondgebied van my lewe as ‘n teken tot ‘n verbonde met die koninkryk van duisternis dien. Ek ontbind elke sielsband tussen my grondgebied en die priesters en sataniese wagters wat aangestel is oor die altare en die altare self en trek die netwerke wat hulle om my brein, my hartbrein en my gutbrein en grondgebied gevorm het nou uit en kanselleer en vernietig dit nou in die Naam van Jesus Christus. Ek eis alle grondgebied terug van Satan en gee dit nou terug aan U. Vader, kom maak my grondgebied nou skoon, herstel en genees dit en maak dit heilig. Vader, kom heers asseblief weer oor my grondgebied. Leer my om te waak oor my grondgebied, lewe te spreek deur U Woord. Vader, gee my ‘n gees van onderskeiding en maak my geestesweerbaar sodat ek ingestel sal wees op U Heilige Gees se leiding en lering, sodat ek die aanval van die vyand kan identifiseer en teestaan. Vader, bekragtig my nou met U krag en sterkte sodat ek kan heers oor my grondgebied saam met U. Ek rig nou ‘n altaar vir U, Abba Vader op in my lewe van gebed en lofprysing. In die Naam van Jesus Christus. Amen.

  1. Bou verhouding: Spandeer tyd om verhouding te bou met God, Jesus,Heilige Gees, deur bybel te lees en gebed. In jou binnekamer en dwarsdeur die dag Vader sê ken my in alles. (Job.33:6)
  1. Bid in die gees: Bid in jou gees of gesin se gees Woord deur gebruik te maak van Heb.4:12.

 

Gebed: Here, ek kom nou in die Naam van Jesus Christus en ek skei nou my of persoon vir wie ek bid se gees en siel met die tweesnydende swaard van Heb 4:12. Siel van persoon staan terug in die Naam van Jesus Christus en onderwerp jou aan God en wees stil, gees van persoon staan na vore en ontvang God se Woord in jou gees. (– bid dan nou die beloftes (skrif) van God in persoon se gees. (nie jou eie wil nie – dit is geestelike witchcraft).) As klaar vra: Vader, herstel asseblief nou my of persoon se Goddelike orde, soos U my of persoon geskape het volgens U Woord.  Dat ek/persoon eerstens gees sal wees, dan siel en dan liggaam en dat my/persoon se gees sal heers en leer asseblief ons gees om te heers in die Naam van Jesus Christus. Amen.       (Heb.4:12)

 

Hoe bid ek in die gees in?

Jouself

  1. Onderwerping jouself aan God.
  2. Skei siel en gees (Heb.4:12) – beveel jou siel om terug te staan in die Naam      van Jesus, onderwerp jou aan God en wees stil.
  3. Vra jou gees om vorentoe te staan, kontak te maak met die Heilige Gees en te ontvang wat God vir jou het.
  4. Vra Vader om dit wat Hy vir jou het, oop te breek in jou gees.

Bid Woord (Belofes) van God in jou gees in.

  1. Roep die siel terug in die ondergeskikte posisie aan jou gees.
  2. Vra Heilige Gees om die Goddelike orde te herstel. Gees, siel en dan liggaam
  3. Vra Heilige Gees om jou te leer om uit jou gees te werk en te heers en jou gees op te rig tot sy volle potensiaal.
  4. Vervulling met die Heilige Gees.

Ander mense

  1. Plaas die persoon voor God.
  2. Skei die siel en gees (Heb.4:12) – bevel persoon se siel om terug te staan in die Naam van Jesus, hom te onderwerp aan God en stil te wees.
  3. Vra sy/haar gees omverskoning vir alle seer.
  4. Seёn hom/haar in die gees en bid die Woord van God (Beloftes) in sy/haar gees in.
  5. Vra die Heilige Gees om aan hom/haar te bevestig.
  6. Vra sy/haar gees om beheer te neem oor siel en liggaam.
  7. Roep sy/haar siel terug, ondergeskik aan die gees.
  8. Vra die Heilige Gees om die Goddelike orde te herstel. Gees, siel en liggaam.
  9. Vra Heilige Gees om jou te leer om uit jou gees te werk en te heers en jou gees op te rig tot sy volle potensiaal.
  10. Vervulling met die Heilige Gees.

MOET NIE DIE PERSOON IN DIE GEES MANIPULEER NIE!!!!

OF

JOU WIL IN SY GEES IN BID NIE, DIT IS GEESTELIKE WITCHCRAFT.

  1. Gebed vir jou eggenoot: Man en vrou – as jy agterkom dat satan steel in jou eggenoot se lewe en hy/sy kom dit nie agter nie, kan jy as eggenoot die satan deur jou liggaam in sy/haar liggaam bind. Jy kan hom nie weg jaag nie, want dit is sy/haar lewe, hy/sy moet die besluit neem. Die Woord sê julle is een vlees asook dat dit wat ons bind op aarde in die hemel gebind sal wees. (Mat.19:5)

 

Gebed: Here, ek kom nou in die Naam van Jesus Christus en omdat U Woord sê dat ek en my man/vrou een vlees is staan ek satan en sy demone tee in sy/haar liggaam en ek bind satan en sy demone se werke in sy/haar lewe. Here, maak asseblief my man/vrou se gees oë en ore oop dat hy/sy kan sien waar satan en sy demone besig is om te steel, slag en verwoes in sy/haar lewe, sodat hy/sy daarmee kan deel. Amen.

  1. Vergifnis: Vergewe persoon, spreek hom/haar vry, haal hom/haar van jou rug af en gee die persoon vir Jesus en seën die persoon en vra dat God hom/haar ook sal seën in Jesus Christus se Naam, so vinnig moontlik na insident. Asook elke keer as ’n naam opkom. Vergifnis maak jou los van binding. As ’n negatief nog ervaar word daarna, doen die stappe weer en staan satan tee deur hom te herhinder dat jy reeds vergewe het en hy jou nie sal bind met die leun nie. Pas dit toe totdat jy geen negatief ervaar as jy aan die persoon dink of iets jou herhinder aan hom/haar of as jy persoon sien nie. Sny die emosionele sielsband tussen jou en persoon, asook met die sitsuasie en spreek die situasie ook vry. Baie belangrik om ook jouself en God te vergewe en vry te spreek. (Mar.11:25)

 

Gebed: Vader, ek vergewe die (persoon) vir dit wat hy/sy gedoen het wat my seer gemaak het, teleurgestel het, verkleineer het of afgebreek het, ek spreek hom/haar vry en ek haal hom/haar van my rug af, ek seën die persoon en ek vra dat U die persoon sal seën, in die Naam van Jesus Christus. Amen.

  1. Belydenis van sonde: Bely elke dag jou sondes en as jy getroud (of seksueel mee verkeer het) is ook jou man/vrou se sondes asof dit jou eie is en vra vergifnis.

Gebed: Vader, ek kom nou na U toe in die wonderlike Naam van Jesus Christus. Ek dank U dat U Woord bepaal dat, as ek my sondes bely, U is getrou en regverdig en U verwyder dit van my so ver soos die ooste van die weste. Daarom kom ek nou en ek bely (noem sonde) wat ek vandag gepleeg het, voor U. Ook al my verkeerde gedagtes, verkeerde woorde of verkeerde dade asook die van my eggenoot. Ek bely dit as sonde. Ek plaas dit voor U troon en ek vra dat U my nou asseblief sal vergewe en vryspreek. Was my nou skoon met die bloed van Jesus Christus. Dankie Here dat ek weet U vergewe my nou werklik in die Naam van Jesus Christus en met dankbaarheid aanvaar ek nou U vergifnis. Amen (1Joh.1:9, Spr.28:13, Jes.59:2, Mat.19:5&6, 1Kor.6:16, Efes.5:31.)

  1. Spreek lewe (Woord en positiewe woorde) oor jouself, gesin, finansies, werk en omstandighede elke dag.
  1. Getuig elke dag teenoor mense van dit wat Vader in jou lewe gedoen het. (Openb.12:11)
  1. Lofprysing: Prys en loof en dank die Here vir elke nuwe dag se beskerming,voorsiening, vrede, vreugde, wysheid en insig. (Heb.13:15, 40:3)
  1. Fokus, drukdeur en waak: Baie belangrik hou jou oë op Jesus Christus en nie op jou omstandighede nie. Moet ook nie die omstandighede heeltyd spreek nie, maar spreek die uitkoms wat jy nog nie sien nie. Dit is geloof. (Heb.11:1) Drukdeur met gebed, maak nie saak wat jou omstandinghede is nie en waak dat satan nie jou grondgebied steel deur twyfel, ongeloof, leuens en jy deur sonde dit self weg gee nie.
  1. Geloof: Spreek God se beloftes elke dag hardop uit sodat dit as saad in jou gees kan val, sodat die oes in jou lewe kan manifisteer. (Heb.11:1, Jes.55:11, Rom.10:17, Rom.8:24, Luk.8:11, Spr.23:7)

 

  1. Breek van patrone: Enige iets wat op dieselfde tyd/maand/jaar herhaal in jou lewe is ’n patroon.

 

Gebed – Abba Vader breek asseblief hierdie patroon van (noem patroon) wat in my lewe bly herhaal, in die Naam van Jesus Christus.

  1. Maak jou fisiese huis skoon: Verwyder enige artikels wat nie van Vader is nie; enige afgode (enige goed wat aanbid is of nog aanbid word).Daar is Dvd’s beskikbaar oor hierdie onderwerp. (Maak jou huis skoon – Tiaan Gildenhuys). Vra ook die Heilige Gees as jy ongemaklike voel met ’n artikel in jou huis. Hy is getrou en sal jou wys.
  1. Ken Vader in alles wat jy doen: In elke area van jou lewe. Vra Vader of dit wat jy wil doen reg is. Wanneer jy vashak met ’n probleem in jou werk, situasies, lewenswandel, vra Vader wat jy moet doen.
  1. Liggaamlike genesing: Ons vra gewoonlik dat Vader ons moet genees. Jesus Christus en die dissipels het genesing beveel. Die Woord sê dat ons is genees as gevolg van Jesus Christus se wonde toe Hy gegesel is (1Pet.2:24) en Hy het op die kruis gesê dit is volbring en die Woord sê ook dat Sy koninkryk naby gekom het (Mat.4:17, Mat.10.7, Mat12:28). Koninkryk is outoritiet. Jesus Christus het die outoriteit vir ons terug gegee toe Hy gesterf en opgestaan het vir ons. So moet ons ons liggame beveel om te genees van enige siekes. Spesifiseer die siekte.

Gebed: Bv: pyn in liggaam. Ek beveel hierdie pyn om my liggaam nou te verlaat in die Naam van Jesus Christus en ek beveel my liggaam om nou in lyn te kom met die Woord van God, want die Woord sê ek is genees a.g.v Jesus Christus se wonde toe Hy gegesel is wat vir my liggaamlike genesing gebring het. Jesus Christus het ook gesê dit is volbring op die kruis toe Hy gesterf het en Sy koninkryk het naby gekom in Jesus Christus se Naam. So liggaam kom in lyn met God se Woord en genees in Jesus Christus se Naam. Amen

 

  1. Bloedlyne

Bely en vra vergifnis  vir alle bindings, vloeke, sondes van voorouers en ouers, karaktertrekke en neigings, bloedverbonde met die duisternis wat hulle aangegaan het, verslawings, siektes, hoerrery ens.– verklaar dit dan nietig en kanselleer dit oor jou en jou nageslag.

Epigeneriese merke op Dna van die 4 geslagte bokant jou – vra vir genees en dat Vader dit sal verwyder en jou DNA skoonwas met die bloed van Jesus Christus.

Kyk dan spesifiek na sondes wat bly herhaal in die voorgeslagte en die huidige geslagte. Dit is gewoonlik altare wat opgerig is in bloedlyne.

 

 

 

Gebed: Hemelse Vader, ek kom voor U in die Naam van Jesus Christus en bely die sondes van my voorvaders waardeur vloeke, ongeregtighede, hoerery, siektes, bindings, neigings en karaktertrekke op my en my nageslag kon neerkom.

Vader hier dink ek byvoorbeeld aan: Allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug, vol neidigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid, nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaamheid aan ouers en aan U, onverstandig, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gieraards, dronkaards, rowers, owerspel, onreinheid, ongebondenheid, toornigheid, vyandskap, jaloersheid, na-ywer, tweedrag, partyskap , afguns, bloedverbonde wat hulle aangegaan het met die koninkryk van duisternis, brassery en enige organisasies waaraan hulle behoort het wat nie van U af is nie en enige iets wat ek nie hier bo genoem het nie.

Ek bely ook my eie betrokkenheid daarby. Ek vra dat U my sal vergewe en ek vergewe ook my voorgeslagte.

Nou breek en kanselleer ek elke vloek, ongeregtigheid, siektes, bindings, neigings of karaktertrekke en hoerery op my en my nageslag in die Naam van Jesus Christus en verander dit asseblief in ’n seën.

Vader, ek ontbind elke netwerk van sielsbande wat gevorm is in die bloedlyn tussen my, my nageslagte en my voorgeslagte en enige organisasies waaraan hulle behoort het wat nie van U af is nie. Ek trek die netwerke wat hulle om my en my nageslag se brein, hartbrein en gutbrein gevorm het nou uit en kanselleer en vernietig dit nou in die Naam van Jesus Christus.

Vader kom verwyder en genees ook alle Epigeneriese merke wat op my en my nagslag se DNS voorkom van die vier geslagte bokant ons, was dit skoon met die bloed van Jesus Christus.

Ek bely my aandeel waar ek ook op die altare geoffer het wat my voorgeslagte opgerig het vir die koninkryk van duisternis in my bloedlyn, asook die altare wat ek self opgerig het in my bloedlyn en ek vra nou U vergifnis daarvoor Vader. Ek spreek nou verdeeldheid en verwarring tussen die seël-demoon en die sterkman oor elke altaar in my bloedlyn. Ek breek nou elke domoniese seël in my bloedlyn oor my en my nageslag. Ek beveel elke seël-demoon wat die seëls in plek hou en elke demon onder hulle bevel wat die altare in plek hou om nou my bloedlyn te verlaat in die Naam van Jesus Christus. Ek breek nou elke altaar wat Satan opgerig het in my bloedlyne af. Ek kanselleer elke bloed of ander ritueel wat gedoen is op die altare en ek vernietig alle goed wat gebruik is met die bloed van Jesus Christus en verklaar dit kragteloos in die Naam van Jesus Christus. Ek kanselleer elke kontrak en verbond wat gesluit is met die koninkryk van duisternis aangaande elke altaar en vernietig elke “totempale” op die vier hoeke van die altare en enige ander “totems” wat opgerig in die Naam van Jesus Christus en verklaar dit kragteloos. Ek kanselleer en breek alle negatiewe invloede van daardie tekens wat op ons liggame gemaak is as ‘n teken tot ‘n verbonde met die koninkryk van duisternis. Ek ontbind elke sielsband tussen my, my nageslag en die priesters en alle sataniese wagters wat aangestel is oor die altare en die altare self en trek die netwerke wat hulle om my en my nageslag se brein, hartbrein en gutbrein gevorm het nou uit en kanselleer en vernietig dit nou in die Naam van Jesus Christus.

Ek rig nou ‘n altaar vir Abba Vader op in my bloedlyn van gebed en lofprysing. In die Naam van Jesus Christus.

Vader, ek vra dat U die seëninge wat in my bloedlyne afkom nou sal oop maak oor my lewe en ook oor die van my nageslag se lewens, en dit sal vasmaak aan my en my nageslag in die gees en die vlees, sodat dit sal manifisteer in die fisiese. Maak ook asseblief my en my nageslag vas aan die bloedlyn van Jesus Christus. In die Naam van Jesus Christus. Amen.

 

Die wat oorwin sal:

Openb.3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Openb.3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

 

Amen

 

Mag jy elke dag God se liefde, vrede en vreugde in jou lewe ervaar.

As jy geseën is deur hierdie bediening, oorweeg asseblief om ‘n donasie in die bediening in te saai, sodat ek hierdie boodskap verder kan neem om meer mense te bereik vir God se koninkryk en hulle ook genesing en vrymaking kan ervaar soos jy. Vader seën jou honderdvoudig vir dit wat jy saai.

 

Baie Dankie.

 

Jesus liefde

EL YASHA                                                       Bankbesonderhede:

Marina van Heerden                                                  MCJ van Heerden

Innerlike Herstel en Vryheid                            FNB Westgate

072 064 2335                                                  Tak kode: 250841

E-mail adres: marina@elyasha.co.za                Rekening nr: 6209 218 2494

Website – www.elyasha.co.za                          Tjek rekening