Ek het die Here lief – Omdat

Ek het die HERE Lief Omdat …”

 

Ps 116:1 Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,

 

Hoe sal jý hierdie sin voltooi? Ek het die Here lief omdat …”

 

Natuurlik sal die meeste antwoord, “…. omdat Hy my eerste lief gehad het.” Ja dit is so maar kom ons soek na ‘n antwoord wat meer deur gedink is, iets wat dieper is. Kom ons probeer weer. “Ek het die Here lief omdat …”

 

Die Psalmdigter sê, “want die HERE hoor my stem, my smekinge,

 

Die Amplified Bybel sê, “He has heard and now hears my voice.” Ander vertalings antwoord op die volgende trant: “U het my gebede beantwoord,” of “U hoor my uitroep om genade,” en ook, “U het my roep om guns gehoor.”

 

So, indien iemand jou sou vra, “Waarom het jý die Here lief?”, sal jy so ‘n bondige antwoord kan gee? Of is jou liefde vir die Here effe dubbelsinnig? Neem ‘n oomblik en maak ‘n lys, ‘n betekenisvolle lys, van spesifieke redes waarom jy die Here liefhet. Jy mag net vind dat jou geloof versterk word en jou liefde verdiep.

 

En my antwoord: “Ek het die Here lief omdat Hy homself as getrou aan Sy woord bewys het in my lewe. Vir Sy leiding en die vervulling van Sy beloftes, die wat reeds vervul is en die wat in die proses van vervulling is.”

 

Elkeen wat die Here liefhet het ‘n antwoord wat hulle kan gee. Wat van jou? Wat is jou antwoord?

 

“Here Jesus. Dankie vir dit wat U vir my aan die kruis gedoen het. Help my asseblief om, op hierdie vraag, ‘n antwoord uit my hart aan U te kan gee. Amen.”