Die Krag van ‘n Dankbare Hart

Die Krag van ‘n Dankbare Hart

 

Kolossense 2:6 & 7 Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.

 

Daar gebeur verskeie buitengewone dinge met ons wanneer ons besluit om altyd dankbaar te wees.

 

Eerstens: Die krag van ‘n dankbare hart weerhou jou van die vernietigende invloede van bitterheid, dit lig jou na ‘n hoër perspektief en laat jou na dinge kyk uit God se oogpunt. Ja, mense sal jou sleg en onregverdig behandel, maar die Here sal alles ten goede laat meewerk. Wees dankbaar en kyk hoe God werk.

 

Tweedens: Die krag van ‘n dankbare hart verhoed jou om in hoogmoed te verval want dankbaarheid kweek nederigheid. Spr 8:13 “Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek. ‘n Dankbare mens is ‘n nederige mens; en ‘n nederige mens ontvang die genade van God om alle dinge in die gesig te staar en dit te oorkom.

 

Derdens: Die krag van ‘n dankbare hart kweek gemoedsrus en kalmte van gemoed. Sodra jou lewe geanker en gebou word in die waarheid van die woord van God, is daar bitter min wat jou gees kan ontstel.

 

Vierdens: Die krag van ‘n dankbare hart verhoog jou besef van jou doelgerigtheid in God se opdrag vir jou. Hy het planne vir jou, planne om jou te seën, om jou voorspoedig te maak, om jou te gebruik as ‘n seën vir ander en op jou lewe op aarde in vreugdevolle en vervul vol te maak. Jer 29:11 “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.”

 

Vyfdens: Die krag van ‘n dankbare hart gee jou ‘n hoopvolle versekering vir die toekoms, nie net vir die res van jou lewe op aarde nie maar ook in die nuwe lewe wat wag. Jy sal in staat wees om in Sy teenwoordigheid met danksegging te gaan, omdat jy dit deur jou hele lewe geoefen het. Ps 100:4 “Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

 

Sesdens: Die krag van ‘n dankbare hart deurdring die omstandighede met positiewe lewe en krag. Jou uitkyk vanuit geloof bekragtig díe rondom jou, hulle wat moontlik nie ‘n duidelike blik op die omstandighede rondom hulle het nie. Jou positiewe ingesteldheid verlig hulle donker oomblikke, soos Paulus en Silas se lofsange in die tronk in Filíppi die gemoed van die ander gevangenis gelig het. Hand 16:25 “En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.”

 

En Laastens: Die krag van ‘n dankbare hart vereer God, dit waag om verby dit te kyk wat voor hand liggend is en na die werklike te kyk. Omstandighede mag donker wees, dinge mag sleg wees, jou ekonomiese omstandighede mag moontlik op die rand van ineenstorting wees, alles mag hopeloos lyk, maar God is steeds in beheer. Jesus word in kennis gestel dat Lasarus siek is. Kyk wat sê Jesus in Joh 11:4 “En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.” Ons lees verder dat Lasarus reeds dood was toe Jesus daar kom en dat Jesus hom opgewek het uit die dood. Jesus het nie na die omstandighede gekyk nie maar na die werklikheid waar Hy Lasarus uit die dood opgewek het. Jou dankbare hart demoraliseer die kragte uit die hel en verheerlik jou hemelse Vader.

 

Begin vandag ‘n lewe van dankbaarheid en al hierdie dinge, en meer, sal joune wees.

 

“Here Jesus, ek kies om vanaf vandag dankaar te wees in alle omstandighede. Dankie dat ek weet dat U altyd in beheer is. Vergewe my asseblief vir die kere waar ondankbaarheid oor my gekom het en dat ek dit toegelaat het. Bekragtig my asseblief, deur die Heilige Gees, om hierdie dankbaarheids lewe te kan uitleef. Amen.”