Die Musiek van Verborge Strome

Die Musiek van Verborge Strome

 

Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. Ps 46:10

 

Reisegers vertel ons dat daar riviere vloei onder die strate van die antieke stad van Shechem in Israel. Gedurende die dag kan jy dit nie hoor nie as gevolg van die rumoer in die small strate en die basaars en markte. Maar wanneer die aand nader en die geraas stil word, wanneer die dou begin vorm, dan kan jy die sagte geruis van die ondergrondse, verborge strome hoor.

 

Net so, sal ons hart en gees die musiek van God se stem hoor, wanneer ons die volume van die geraas in ons gejaagde lewens sagter draai.

 

Party skarrel om te ontsnap van ‘n skuldige gewete, ander skarrel om van skandes weg te kom. Ander, as gevolg van werksdruk en pligsbesef, oorwerk hulleself. Baie met die hoop om te gevoel van “nie goed genoeg nie” te onderdruk.Dit alles dra by tot die geraas waarin God se stem verdof soda tons nie kan hoor wat Hy sê nie.

 

Tog moet ons nooit uit sig verloor – die Bybel sê nêrens, “Wees besig en weet dat Ek God is” nie. Nee! Dit sê “Wees STIL en weet dat Ek God is. Dit is ook interessant om daarop te let dat hierdie vers in ‘n Psalm is wat gaan oor oorlog, storms en benoudhede.

 

Mag jy daardie oomblik bereik waar alles stil word om jou en net God se stem hoorbaar is. Mag hierdie oomblik oor die bestek van tyd manifesteer sodat jy, self in die midde van ‘n storm, kan weet dat Hy God is.

 

Ps 46:4 sê: “Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.”

 

“Vader ek vra U in die Naam van Jesus dat U vir my U vrede gee sodat ek ook in die geraas van my lewe U stem sal hoor. Amen.”