Kom ons word Suksesvol

KOM ÓNS WORD SUKSESVOL

My liewe vriend / vriendin,

 

Vrede vir jou.

 

Gun my die geleentheid om vandag met jou te gesels oor dit waarna ons almal strewe – om suksesvol te wees.

 

Almal van ons wil graag suksesvol wees in wat ons doen, in ons werk, huwelik, verhoudinge, geloof, verhouding met ons hemelse PA of wat ook al.

 

Baie van ons hou ‘n skyn van sukses voor, maar is diep in ons self eintlik sukkelaars.

 

Ander van ons bereik egter ‘n mate van sukses, maar die lewe in oorvloed waarvan JESUS praat is slegs ‘n vae gerug. Dit is so vaag dat ons aanvaar dat dit bestem vir eendag wanneer ons in die hemel is. Hoeveel van ons voel so?

 

Mag ek jou ontnugter? Dit is alles ‘n leuen van satan!!!!!!!!

 

Daar staan in die Woord van GOD geskrywe dat SY HEERLIKHEID alle behoeftes vervul. Dit is waarom daar geen behoeftes in die hemel bestaan nie. Die lewe in oorvloed is bestem vir NOU en HIER.

 

Waarom bereik ons dit egter nie? Weet jy – die fout lê in ons self. Kom ek wys vir jou ‘n paar dinge uit.

 

Soveel van ons glo dat sodra jy jou hart en lewe vir JESUS gee, sal alles verander en dadelik regkom. Party van ons kom met ‘n skok agter dat dit nie so is nie. Dit voel inteendeel of dinge erger word!! Hoekom is dit so?

 

Baie glo dat geen beproewing weer oor jou pad sal kom nie. Jou tyd van toetse is verby. Geen krisis sal jou weer tref nie want jy is mos ‘n kind van die HERE en HY sal vir jou sorg. Ja, jy is SY kind en HY sorg vir jou maar baie kere nie op die manier wat jy verwag nie.

 

Weet jy, GOD wil jou geloof en vertroue in HOM beproef.     Hoe?     Deurdat HY vir die mens ‘n wil gegee het, en deur die wil ‘n keuse. Jy kan kies. Die eerste geval waar die mens moes kies was in die paradys met Adam en Eva. Regeer ons, soos die oorspronklike opdrag is of reageer ons op die omstandighede waarin ons is. Adam het gekies om te reageer. Wat kies jy?

 

My liewe vriend / vriendin, GOD gebruik die beproewinge wat oor jou pad kom om aan JOU die geleentheid te gee om self te ontdek wat HY in jou geplaas het, Watter “guts”, deursettings vermoë en dryfkrag jy in jouself het.

HY weet, maar weet jy?

 

Hoekom het GOD die mens die vermoë gegee om te kan kies? Weet jy, toe GOD met die skepping begin het was al die engele al reeds daar. In hierdie “skepping” was niemand met wie HY kon gesels, soos ons met mekaar gesels, nie. As HY ‘n wens uitgespreek het, is dit dadelik tot uitvoering gebring. HY kon met niemand redeneer nie.

 

Daarom het HY die mens gemaak. Om die mens in staat te stel om met HóM te kon gesels, moes HY die mens soos HOMSELF maak, want HY is verhewe bo alles wat daar was. Daarom staan dit geskrywe dat HY die mens na SY beeld en gelykenis gemaak het. GOD kan kies om iets te doen en daarom kan ons ook ‘n keuse. GOD het gekies om JESUS te stuur vir redding van die wat in HOM glo en daarom moet ons kies óm in HOM te glo.

 

Die rangstruktuur van GOD sien so daaruit:

 

  1. GOD drie enig – VADER, SEUN, HEILIGE GEES
  2. Mens
  3. Aardsengele – Gabriel en Michael
  4. ander engele
  5. satan
  6. demone (bose geeste, owerhede, magte, ensovoorts)

 

Omdat GOD ons soos HOMSELF gemaak het en omdat ons kan kies, moet die keuses wat ons maak, getoets word. So ook ons geloof in en liefde vir HOM.

 

As GOD ons dan so hoog ag waarom sukkel ons so, soos ek in die begin gevra het?

 

Weet jy, ons PA wil ons help maar HY wag dat ons die eerste tree moet gee. Nie ‘n tree soos baie van ons tot dusver gegee het waar ons slegs een voet vorentoe beweeg en die ander voet geplant hou waar dit is nie. As jy so ‘n tree gee staan jy wydsbeen, en as jy so oor die lewenstou staan en die tou ruk styf – eina. ‘n Tree is kompleet as jy met albei voete vorentoe gegaan het. Moet nie ‘n agterdeur ooplos, vir as dit nie werk nie. JESUS het nie ‘n agterdeur oopgelos aan die kruis nie.

 

Mag ek vir jou ‘n paar reguit vrae vra? Dink diep na voor jy vir jouself antwoord.

 

Wat is jou visie in die lewe?

         Wat is jou droom?

         Wat is jou plan van aksie om daar uit te kom?

         Wat doen jy om daar uit te kom?

         Waar is GOD in jou beplanning?

 

Moet nie sleg voel as jy nie kon antwoord nie. Baie van ons het ‘n uitgewerkte plan gehad maar waar ons ons nou bevind, is baie ver verwyder van díe plan. Baie van ons het geen plan gehad nie.

 

Ek het ‘n statistiek gehoor dat van persone wat op ‘n ouderdom van 30 in diens van die HERE tree, slegs 10% op die ouderdom van 60 nog sy oorspronklike visie navolg. Ek sidder om te dink hoe min van ons ander nog ons visie volg.

 

Hoekom mis ons dit? Het die lewe en mense om ons, ons so ver afgedruk dat ons nou maar sê; “Laat God’s water oor God’s akker loop”. Jy wat no 2 op die ranglys van GOD is???????

 

Hoe kan ons weer by ons drome, visie, uitkom en daardeur ook sukses bereik? Weet jy, GOD hét jou gemaak om suksesvol te wees!

 

Kom ons kyk na ‘n paar dinge.

  1. Moet nie na jou mislukkings kyk om te bepaal wat jou sterk punte is nie. Die satan sal altyd jou mislukkings aan jou voorhou om jou van koers af te kry. Hy weet waarvoor GOD jou gemaak het en sal sy bes probeer om dit te verhoed. Kyk na GOD!
  2. Gaan sit en bepaal wat jou drome is en vestig jou visie daarop. Kry dit in lyn met wat PA aan jou uitgewys het. As jy voel of HY niks vir jou gewys het nie, vra HOM weer en moenie die leuen van satan glo dat GOD nie met jou praat nie.

 

  • Bepaal of die koers waarop jy nou is, jou by jou droom sal uitbring en of jy ‘n koers verandering moet ondergaan. Baiekeer moet ons drastiese besluite neem, maar weet dat GOD wysheid sal gee vir die wat dit van HOM vra. Stel jou huidige posisie jou in staat om by jou droom uit te kom? Spreuke 3 :6 sê:  “Ken HOM in al jou weë, dan sál HY jou paaie gelyk maak.”

 

 

  •  Werk vir jou ‘n plan van aksie uit. Stel vir jou doelwitte, korttermyn en langtermyn. Rig vir jou mylpale op waarna jy kan terugkyk om te bepaal of jy nog op die regte koers is en om jou te motiveer. Ons lees op hoeveel plekke in die Bybel dat die volk van Israel mylpale opgerig het.
  • Wees gedissiplineerd in jou aksie plan. Dissipline is ‘n hoeksteen van sukses. Die HERE sal jou ook hierin lei. Spreuke sê ook “ag die tugtiging nie gering nie en beswyk nie onder die teregwysing van die VADER nie. Wat doen ons baiekeer as ons tereggewys word deur PA? Of ons beskuldig die duiwel, of ons beskuldig GOD! GOD sê in Sy Woord dat JESUS vir satan oorwin, hom uitgeklee en in duisternis gebind het. So satan is in duisternis en dáár loop hy rond soos ‘n brullende leeu op soek na wie hy kan verslind. Ons moet dus sorg dat ons in die lig wandel en dáárin moet ons gedissiplineerd wees. Satan is oorwin en onder ons voete geplaas. Onthou dit asseblief!! Dissipline is ook ‘n teken van PA se karakter. GOD is gedissiplineerd in wat HY doen en verwag dieselfde van ons.
  • GEE DIE EERSTE VOLLE TREE. Onthou wat ek vroëer gesê het van die lewens tou. GOD sê: “Daar is 100 trëe tussen ons. As jy die eerste tree gee sál EK die ander 99 gee”. God kan niks doen as ons dit nie aan die gang sit nie.
  • Moet nie opgee as die storms jou tref nie. ’n Skip (mens) in ‘n hawe is veilig, maar dit is nie waarvoor skepe (mense) gebou is nie”. Die HERE het jou nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie en jy ís tot alles in staat deur HOM wat jou die krag gee. GOD het alreeds die mense om jou opgestel om jou te help op jou sukses pad. Begin die pad stap en jy sal verbaas wees wie jou sal help.

 

Kan ek alles gou opsom?

DREAMS          determines        VISIONS

VISION             determines        GOALS

            GOALS              determines        ACTION

          ACTION            determines        RESULTS

            RESULTS         realises               DREAMS

Kom ons bereik ons drome en begin die lewe in oorvloed. Dit ís ‘n werklikheid en ís bestem vir nou!!

 

Die HERE sál jou sëen en jou behoed.

Die HERE sál SY aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees.

Die HERE sál SY aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee

 

Liefde in JESUS naam

Cobus van Heerden