Koninklike Ambassadeurs

Koninklike Ambassadeurs

 

Matthéüs 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

 

Die boodskap het nog nie verander nie. Johannes die Doper het, as voorloper vir Jesus Christus, dit eerste gesê. Dan begin Jesus Sy bediening met dieselfde verklaring. Nou bemagtig Hy sy volgelinge om dieselfde boodskap uit te dra oral waar hulle gaan. Meer spesifiek, SOOS ons gaan.

 

Hierdie is ‘n groot onderskeiding. Indien ons hierdie roeping,om die Koninkryk te verkondig, benader met ons fokus op die gedagte om die boodskap uit te dra waar ons aankom, dan mis ons al die geleenthede lanks die pad om dit te doen. En dít is waar die grootste deel van die Koninkryk lê, lanks die pad. Dit is ‘n fout om so gefokus te wees op wat God later gaan doen en te mis wat Hy nou wil doen.

 

So, soos jy gaan, preek; moet nie wag totdat jy by jou bestemming aankom nie, want dan sal jou boodskap niks meer as net nog ‘n preek wees nie. Het ons nie al genoeg daarvan gehoor nie? Iewers lanks die stadig ontvouende jare van tyd, het ons by ‘n plek gekom waar ons regtig glo dat ‘n ordelike, beplande kerkdiens op ‘n Sondag oggend genoeg is om die opdrag van ons Meester te vervul. So mis ons die Koninkryk van God elke dag om ons.

 

1 Kor 4:20 “Want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.Jesus sê om nie net die Koninkryk te verkondig nie maar ook om te demonstreer wat dit doen. Met ander woorde, Hy wil hê dat ons die instrumente moet wees waardeur Sy krag vloei, om dinge en situasies te verander van wat dit huidiglik is na die wat God dit wil hê om te wees.

 

Jesus sê in Joh 20:21 “…Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Die Apostel Paulus sê in 2 Kor 5:20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.Min teksverse som nie net ons missie nie maar ook ons opdrag so op.

 

Jy is ‘n koninklike ambassadeur vir die Koninkryk van God. Oral waar jy gaan, vervul hierdie missie en verklaar die boodskap, “DIE KONINKRYK VAN DIE HEMEL HET NABY GEKOM.” In jou daaglikse handel en wandel vertel ander dat die krag van God daar is om hulle te help in die situasie wat hulle in die gesig staar.

 

“Here Jesus, help my asseblief om as U ambassadeur to kan optree, nie net in my woorde nie maar ook uit my dade. Amen.”