‘n Ewige Rusplek vir Reisigers

‘n Ewige Rusplek vir Reisigers 

 

Ps 15:1 ‘n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?

 

Verseker weet jy dat jy ‘n reisiger deur die lewe is. En sô weet jy ook dat reise ‘n tol eis. Of dit nou reis met vliegtuie, treine, of voertuig is, om te reis behels koste en vermoeienis vir die reisiger.

 

Oral langs die pad is daar vele geleenthede vir ons om die regte of verkeerde besluit te neem; daar is slaggate en hobbels, steiltes en rots stortings, skerp draaie en smal deurgange en elkeen vereis iets van ons by elke situasie.

 

Die Psalm digter het gevra, HERE, wie mag vertoef in u tent?” Hier word ‘n reisiger beskryf wat van die pad afdraai om gasvryheid en rus te soek, soos by ‘n oornag stop lanks die pad. “Here, wie mag rus in U teenwoordigheid?” Dan vra hy verder, “Wie mag woon op u heilige berg?Hierdie vraag het ‘n meer permanentheid daaraan. Pleks van net stilhou vir ‘n kort besoek aan die teenwoordigheid van God, het ons nou die uitnodiging om vir altyd in Sy teenwoordigheid te bly.

 

In die oorblywende gedeelte van hierdie psalm antwoord God hierdie vraag en wys ook waarna Hy soek in die lewe van díe wat Hy in Sy teenwoordigheid verwelkom.

 

Daar word vyf vereistes uitgelig:

Persoonlike integriteit: “Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek.”

Getrouheid in verhoudings: “Wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.”

Morele krag: “in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees.”

Opofferende toewyding: “Al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie.”

Finansieële eerlikheid: “Wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie.”

 

Neem vandag tyd om eerlike selfondersoek te doen en bepaal waar jy staan in die vyf areas. Dit kan die verskil beteken tussen “fake it or make it” in jou reis deur die lewe.

 

Reis voorspoedig, mede pelgrim! Mag jy die plek vind waar reisigers vir ewig leef – in die Teenwoordigheid van die Here!!

 

“Here Jesus, help my om, volgens U voorskrif, ook op U heilige berg te mag woon. Amen.”