Regeer of Reageer

REGEER JY OF REAGEER JY?

 

My liewe vriend / vriendin,

 

Vrede vir jou.

 

Laat my asb toe om jou so ‘n bietjie te bemoedig en krag te gee want ek weet die lewe en omstandighede is nie altyd maklik nie.

 

Vrede volgens Lukas 10 vers 5 in die Amplified bybel beteken: “Freedom from all the distresses that result from sin be with this family.

 

Toe GOD die mens gemaak het, het HY hom in SY beeld en gelykenis gemaak. Hierdie mens was dus 100% gees. Later in Genesis 2 het GOD stof bymekaar gemaak en vir die mens ‘n liggaam gemaak waarin HY die geesmens geblaas het. Aan die mens het HY die eerste opdrag gegee in Gen 1:28 “….. Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers ……

 

Deur hierdie opdrag so aan ons as mens te gee het HY die totale gesag en outoriteit op aarde aan ons gegee. Dit beteken, omdat ons eerste gees is, dat die enigste wettige geeste op aarde, ‘n gees in ‘n liggaam is. GOD het Homself ook hieraan onderwerp en as ons HOM nie in ons toelaat nie is HY “onwettig” op aarde. “Awesome” né? Daarom is die aanslag van satan so sterk want hy wil ons liggame gebruik om wettig op aarde te kan wees. PRYS DIE HERE DAT JESUS HOM REEDS OORWIN HET EN AAN ONS GESê HET DAT ONS DIE SATAN MOET TEESTAAN EN DAT HY VAN ONS SAL WEGVLUG. JESUS HET REEDS ONS GESAG AAN ONS TERUG GEGEE!!!!!!!

 

So moet asb nooit weer sê dat jy maar net ‘n mens, wat in swakheid lewe, is nie. JY is ‘n volmaakte afdruk van GOD met al SY krag en outoriteit.

 

In Openbaring 1:6 sê GOD dat ons gemaak is as konings en priesters. Dit sluit aan by die opdrag van Genesis 1:28 naamlik “HEERS”.

 

Omdat ons nie heers en regeer nie sê GOD in Openbaring die volgende:

Openbaring 2:4 “maar EK het dit teen jou dat jy jou eerste liefde (HOM) verlaat het.”

Openbaring 2:14 “maar EK het enkele dinge teen jou: Dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bileam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp.”

 

Hoe belangrik is ons verlede, tradisies en oortuigings nog vir ons? Hoeveel keer kom ons in opstand as iets gesê word wat teen ons oortuigings is? Vernaam op geestelike gebied. Werp ons nie daardeur struikelblokke voor die kinders van GOD nie?

 

Openbaring 2:20  “maar EK het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isebel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.”

 

Waarom bly ons stil as iemand iets oor ons hemelse PA sê wat ons weet nie waar is nie, of SY naam ydelik gebruik. Soek ons miskien die eer van mense of soek ons die eer van GOD. Is ons bang dat mense sal weet dat ons Godskinders is en ons sal benadeel. Dit sluit aan by die volgende teks. 

Openbaring 3:15-16  “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm. Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal EK jou uit MY mond spuug.”

 

Hoeveel keer probeer ons met GOD ‘n kompromie aangaan om beide HOM en die wêreld te bevredig. GOD sê dat HY ‘n jaloerse GOD is. HY is jaloers omdat HY ons net vir HOM geskape het. HY wil alles in ons lewe wees want ons is alles vir HOM. Dink daaraan: Toe GOD die wêreld geskep het, het HY dit vir jou gedoen.

 

Hierdie brief is “toevallig” ook aan die gemeente van Laodicéa geskryf. Laodicéa vertaal beteken mênseregte. Hoe staan jy oor mênseregte soos dit vandag aan ons voorgehou word, New Age en dergelike sienings. Voel jy miskien dat alle gelowe van GOD af kom en dat die aanhangers van al die gelowe gered sal word. Hoor wat sê GOD hiervan “Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie [met ‘n New Age seining is almal mos reg en almal dra by tot almal se behoeftes; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.” Dink asb weer na oor jou sienings wat jy het hieroor. Ons dien ‘n jaloerse GOD.

 

Elkeen van ons weet wat is reg en verkeerd. Ons kan nie sê dat ‘n versoeking vir ons te groot was nie. Ons neem doelbewuste besluite om dit wat verkeerd is te doen. Hoeveel keer speel ons met verkeerde gedagtes rond en dan is ons baie verbaas as dit waaraan ons dink met ons gebeur?

 

Wat het verkeerd geloop dat ons in hierdie omstandighede sit en dat dit wat hierbo gesê is op ons van toepassing is?

 

Satan het GOD se opdrag aan ons, om te regeer oor alles, verdraai. Hy het die woord regeer genaam en die letter “a” daarin gesit en dit verander na reageer.

 

Ons sukkel met al ons probleme omdat ons daarop reageer i.p.v. daaroor te regeer.

 

Moet asb nie dink dat GOD vir jou kwaad is en jou gaan wegstoot omdat jy nie regeer nie. Dit is waarom HY vir JESUS en HEILIGE GEES na ons gestuur het en nog steeds stuur. JESUS om die prys te betaal en HEILIGE GEES om ons te lei in die volle krag van HOM.

 

Hoe gaan ons begin regeer oor ons probleme, vra jy. Kom ons begin deur in ons gedagtes te regeer. As daar verkeerde gedagtes opkom bind dit dadelik in die naam van JESUS. Begin aan HOM dink en sing ‘n geestelike lied in jou gedagtes of hardop. Probeer om na geestelike musiek te luister want dit help jou om jou gedagtes op JESUS te fokus. Pasop waarna jy kyk en luister. HEILIGE GEES sal jou help om te regeer. Vra HOM asb op ‘n gereelde basis.

 

Kom ek gee vir jou die beloftes van GOD wat vir ons wag as ons regeer / heers. Wees verseker dat hierdie beloftes in vervulling begin kom as ons nog maar net begin regeer. Daarvan kan ek self getuig.

 

 

GOD sê vir jou:

Openbaring 2:17 Aan hom wat oorwin, sal EK gee om te eet van die verborge manna, en EK sal hom gee ‘n wit keursteen, en op die steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie behalwe hy wat dit ontvang.”

Openbaring 2:26-27  Aan hom wat oorwin en MY werke tot die einde toe bewaar, sal EK mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos EK ook van my VADER ontvang het, en EK sal hom die môrester gee.”

 

Weet jy, die môrester is die eerste ster wat jy sien as dit donker word en ook die laaste ster wat jy sien as die dag (lig) kom. ‘n Ster is iets wat lig gee as alles donker is. God wil hê dat jou lig sal skyn tot Jesus weer kom en dat jy sal lig gee in ‘n donker wêreld.

 

Openbaring 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en EK sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en EK sal sy naam bely voor My VADER en voor Sy engele.”

 

Openbaring 3:9  “Kyk, EK sal jou uit die sinagoge van die satan, van die wat se dat hulle Jode is en dit nie is nie (die mense wat voorgee dat hulle kinders van GOD is), maar lieg – EK sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat EK jou liefgehad het.”

 

Openbaring 3:12 Wie oorwin, EK sal hom ‘n pilaar in die tempel van MY GOD maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en EK sal op hom die naam van MY GOD skrywe en die naam van die stad van MY GOD, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van MY GOD neerdaal, en MY nuwe naam.”

 

Openbaring 3:21 Aan hom wat oorwin, sal EK gee om saam met MY te sit op MY troon, soos EK oorwin het en saam met MY VADER op SY troon gaan sit het!!!!!!!!”

 

Is hierdie beloftes nie wonderlik nie. Dit klink amper onwerklik maar onthou GOD sê dat HY nie ‘n man is wat kan lieg nie. HY het ons oorspronklik gemaak om te regeer en HEILIGE GEES is daar om ons te help sodat ons in Openbaring 3:21 saam met JESUS kan regeer.

 

Die keuse bly egter by ons om te regeer of te reageer.

Staan sterk want JY is meer as ‘n oorwinnaar in JESUS

 

Cobus van Heerden