Waar is Jou Fokus?

Waar is Jou Fokus?

 

Handelinge 7:55 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

 

Hierdie is een van die grootste en dramatiese oomblikke wat in die Bybel beskryf word. Stéfanus lewer sy verdediging voor die Hoogeregshof van Israel. Sy toespraak was meesterlik en respekvol. Sy herrinering aan die geskiedenis was presies en akkuraat. Die saak wat hy gestel het was foutloos en suiwer.

 

Maar soos hy spreek kon hy die selfvoldane ongeërgdheid sien wat in die gesigte van sy regters ingeëts was. Hulle harte was verhard deur hoogmoed, hulle oë verblind deur godsdienstigheid. Stéfanus, wetend dat niks wat hy kon sê hulle sou oortuig nie, verander van rat en kom reguit tot die punt.

 

Hy roep uit; Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. Hand 7:51.

 

Geen bokskampioen het nog ooit sy strategie gebou op ‘n enkele hou om sy opponent uit te slaan nie. Nee, hy peper hom met steek houe, skud hom met een – twee kombinasies en dan die bom – ‘n linkerhaak gevolg deur ‘n reguit regter hou. Die uitklophou!! Stéfanus doen dieselfde.

 

Terwyl die regters geskud is deur díe onthullende aanklag, gaan Stéfanus verder; Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie?En nog voordat hulle tot verhaal kon kom en antwoord met ‘n godsdienstige en ydele gebruik van niks seggende woorde, lewer hy die uitklophou: “Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het.” Hand 7:52.

 

Die Bybel sê: En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.Hand 7:54. En verder Maar hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm. En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig …” Hand 7:57 & 58.

 

Verbasend, is dit nie, hoe diep die vlak van boosheid is wat in die harte van ‘godsdienstige’ mense verskuil en versteek is!! Vanaf die oomblik toe Kain vir Abel vermoor het, het ‘godsdiens’ na geweld gegryp om die wat met hom verskil te hanteer. Hoe vinnig het daardie sogenaamde “heilige en onpartydige” regters verander in niks minder as ‘n spul straat boewe nie.

 

Maar nou, in skrille kontras met hierdie donker gebeure, kom ons tot die punt van ons openings teks. Hand 7:55 & 56 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.

 

Sjoe, hoe wonderlik moet dit wees om skaars “kennis te neem” van die dom, banale en wraaksugtende aanslae van die duiwel deur mense en omstandighede om ons. Wat is die sleutel? Hoe kon Stéfanus so “buite” die omstandighede staan? Die Woord sê: “sy oë was gefokus op Jesus!

 

“Here Jesus, help my asseblief deur die Heilige Gees om altyd op U gefokus te bly. Amen.”