Werkswinkel Registrasie

Bekendstellings van El-Yasha – Innerlike herstel en vryheid kursus.

Kursus aanbieder: Past. Marina van Heerden.

My roeping en opdrag van Abba Vader is om mense toe te rus en te leer om berading te doen en om self in ‘n dieper verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees in te gaan en self genesing op ‘n dieper vlak te ontvang asook ander mense wat Vader oor hulle pad stuur te kan help deur dit wat hulle geleer het deur hierdie kursus. Ons almal is ‘n berader. Sommiges is voltyds daarmee besig en ander net wanneer die geleentheid hom voordoen. Die kursus is nie net vir die wat berading wil doen nie, maar ook vir die wat hulle lewe wil skoonmaak en ‘n dieper intieme verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees wil hê.

My primêre doel en opdrag met hierdie kursus is om mense te leer om die Woord van God prakties in hulle lewe te begin toepas sodat genesing, bevryding en oorwinning kan plaasvind in hulle lewe en dit ‘n leefstyl sal word. Dat hulle as profete vir die nasies kan opstaan en Vader se koninkryk kan uitbrei (Jer.1:5). Dat hulle die pad van Heiligmaking kan stap om sodoende deel van die bruid van Christus te word.

“Faith is spelled “R.I.S.K”. Ons moet werk om ‘n omgewing te skep waar mense die kans kan neem om te leer en te opereer in die “supernatural” sonder vrees vir verwerping en mislukking.

Dit is meer as net ‘n kursus. Dit is ‘n reis saam met die Heilige Gees in die realm van die onmoontlikke wat moontlik word, ‘n hemelse avontuur waar niemand sonder Vader kan reis nie. In ‘n omgewing van liefde, sal jy leer hoe om te bedien met die krag van die Heilige Gees en te loop in tekens en wonders.

Die kursus sluit die volgende in:

1. ‘n Werkswinkel een maal ‘n maand (Saterdag 9:00 – 16:00) vir ‘n jaar. 2. Module van elke werkswinkel word ontvang op die dag van die werkswinkel om sodoende ‘n lêer op te bou met al die inligting. 3. Gevalle studies – om te leer hoe om inligting te evalueer met die Heilige Gees se leiding. 4. Praktiese toepassings word toegepas en geleer waar moontlik gedurende die werkswinkels. 5. Gebedes en beradingsproses word beskikbaar gestel in boek (addisioneel beskikbaar na voltooiïng van volle kursus). 6. Sertifikaat sal uitgereik word na die voltooiïng van die volle kursus.

Registrasie

NB!!! Belangstellendes wat werkswinkels wil bywoon moet asseblief die registrasie vorm invul en e-mail ‘n week voor die aanvang van die werkswinkel. Elke persoon sal ‘n unieke studente nommer ontvang vir betaling doeleindes. Neem asb kennis dat Werkswinkels 1x ‘n maand op ‘n Saterdag vanaf 9:00 – 16:00 plaasvind.

Kostes:

Die koste van kursus vir die jaar beloop R5 500 (sluit skriftelike modules, tee en koffie, reiskostes van aanbieder ens. in). Betaling kan as volg geskied nl. 1. Volle bedrag eenmalig. Betaalbaar ‘n week voor die aanvang van eerste Werkswinkel. 2. Bedrag in twee gedeel – 2 x R2 750. Eerste bedrag betaalbaar ‘n week voor eerste Werkswinkel en die volgende die einde van die volgende maand. 3. Bedrag in drie gedeel – 3 x R 1 834. Eerste bedrag betaalbaar ‘n week voor eerste Werkswinkel en die laaste bedrag die einde van die derde maand.
4. Bedrag in 4 gedeel – 4 x R 1 375. Eerste bedrag betaalbaar ‘n week voor eerste Werkswinkel en die die laaste bedrag die einde van die vierde maand. 5. Een maal ‘n maand per werkswinkel – R500 (ook vir die wat slegs sekere werkswinkels wil bywoon.)

EFT’s kan gemaak word na:

Bankbesonderhede: MCJ van Heerden Capitec

spaar rek: 1684320133

Horison view Tak: 470010

Kontak Marina van Heerden : Tel. 072 064 2335

NB!! Gebruik asseblief jou studente no. as verwysing met EFT’s)

Skedule vir die Werkswinkels:

8:30 – Admin 8:45 – Neem sitplekke in 9:00 – Opening en Lofprysing 9:15 – Sessie 1 11:00 – Tee / Koffie 11:15 – Sessie 2 13:00 – Middag ete (elkeen voorsien sy eie) 13:30 – Sessie 3 16:00 – Einde van werkswinkel

Tee / koffie en water sal beskikbaar wees.

Toegewydheid (Commitment)

Dit is baie belangrik dat elke student toegewyd en getrou sal wees met die bywoning van al die werkswinkels.

Riglyne

1. Wees asseblief stiptelik met aanvangs tyd op werkswinkel dae. 2. Wees te alle tye eerlik met jouself. 3. Tree eerbaar op en respekteer jou mede kursusgangers. 4. Dien mekaar/seën mekaar/bid vir mekaar. 5. Wees gehoorsaam aan Vader se Woord. 6. Bid vir wysheid en ‘n gees van onderskeiding. 7. Aanvaar dat die aanbieder nie al die antwoorde het nie. 8. Wees ontvanklik vir nuwe kennis en wysheid. 9. Gaan ondersoek self die Woord. 10. Staan in verwagting vir dit wat Vader jou deur die kursus wil leer. 11. Wees getrou in jou bywoning en neem deel aan besprekings. 12. Lees jou bybel elke dag. 13. Wees leerbaar en ontvanklik vir nuwe kennis. 14. Wees ontvanklik vir teregwysing. 15. Ons hoef nie altyd reg te wees nie, maar wees leersaam. 16. Bid en vra Heilige Gees om dinge wat jy nie verstaan nie vir jou oop te breek. 17. Erken as jy verkeerd was en ‘n fout gemaak het.
18. Wees toegewyd en getrou aan dit waaraan jy jou “commit” het. 19. Druk deur al word daar soms op jou tone getrap. 20. Wees bereid om deur jou eie stukkend te werk soos Vader dit uitwys en Sy genesing te ontvang. 21. Weet wie jy is in Christus.

Onderwerpe wat behandel word is soos: 1. Hoekom innerlike herstel. 2. Hoe is ons geskape. 3. Persoonlike verhouding met God. 4. Hoe praat God met ons. 5. Genadegawes. 6. Geloof. 7. Grondgebied. 8. Vestings. 9. Hoe werk gedagtes. 10. Satan se aanvalslyne. 11. Kategorieë waarin geeswonde val. 12. Wat kan jou genesing beïnvloed. 13. Wat gebeur in die 9 maande swangerskap en baarmoeder. 14. Wat is die invloede van verskillende geboorte prosesse. 15. Hoe werk vloeke. 16. Sielsbande. 17. Die 7 bome wat satan in my lewe plant en gebruik. 18. Hoe werk watergeeste. 19. Addisionele sterkmanne – Phython, Jesebel, Agab, Delila en Atalia, Gees van Uitstel. 20. Die huwelik. 21. Watter bome plant Vader in my lewe. 22. Bloed en sout verbond 23. Wat is Brokstukke en hoe werk dit. 24. Berading prosesse. A: Basiese berading en opvolg sessies. B: Diep emosionele beradings proses. C: Trauma ontlonting. D: Trauma berading. 25. Die Tabernakel en die Tabernakel gebed.

Kom leer en kom verdiep jou verhouding met Abba Vader en begin ‘n pad van heiligmaking stap, sodat jy ander kan help en die Koninkryk van Vader kan uitbrei. Kom geniet die kursus en weet jy sal nooit weer dieselfde wees nie.

Individuele berading sal ook beskikbaar wees indien jy daarvan gebruik wil maak.

Venue vir Pretoria werkswinkels: Dirk Smit Industrial Park Unit 2 Jakaranda straat Hennopspark Centurion

Eerste werkswinkel vir Pta vind plaas 18 April 2020. Ander datums vir die jaar sal ook daardie dag bekend gemaak word.

Sien uit om jou te ontmoet en te leer wat Abba Vader my geleer het.

Vir enige navrae skakel my asseblief: Tel: 072 064 2335 of e-mail my by marina@elyasha.co.za. As jy belangstel om ‘n werkswinkel in jou dorp of omgewing te reël skakel my asseblief.

Wees geseënd Marina van Heeren